Telegonie

'n Mosaïek van Odusseus, laat 4de-5de eeu n.C.

Die Telegonie (Grieks: Τηλεγόνεια, Tēlegoneia; Latyn: Telegonia) is ’n verlore antieke Griekse epiese gedig oor Telegonos, die seun van Odusseus by Kirke. Sy naam ("ver weg gebore") dui op sy geboorte in Aiaia, ver van Odusseus se tuiste in Itaka. Dit was deel van die Epiese Siklus-gedigte wat handel oor die mites van die Trojaanse Oorlog, asook die gebeure daarvoor en daarna. Die verhaal van die Telegonie volg chronologies op dié van die Odussee, en dit is die finale episode van die Epiese Siklus.

Die gedig is in die oudheid soms toegeskryf aan Kinaiton van Sparta (8ste eeu v.C.), maar een bron beweer dit is van Musaios van Athene gesteel deur Eugamon van Sirene (6de eeu v.C.).[1] Die gedig bestaan uit twee boeke met verse in daktiliese heksameter.

  1. "Some have seen in the 'burst of happy marriages' in which the Telegoneia ends an explanation for its being ascribed to Eugammon, a name which apparently means 'Happy-Marrier'", Edmund D. Cressman remarks (Cressman, "Beyond the Sunset" The Classical Journal 27.9 (June 1932:669-674], p. 671).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search